Dirk van der Westhuizen
Vanaf sy kenmerkende klanke en so bietjie boere musiek regdeur tot “Slap House beats”, heerlike sokkie musiek en iets wat die hartsnare tokkel, bevat Dirk van der Westhuizen se nuwe album “Bietjie Lekkerder” inderdaad iets vir almal!
“Met elke album voel dit of ek myself gevind het vir die eerste keer, en soos ek terugkyk besef ek dit is elke keer net ‘n groei proses”, vertel Dirk. “Met die nuwe album het ek soveel fun gehad en net besluit om nie alles te ernstig op te neem nie. Ek het net geskryf, oor alles. Nie te hard gedink nie en regtig my tyd gevat met elke song.”
Voor “Bietjie Lekkerder” het Dirk sy album ‘Dirty 30’s’ vrygestel wat bydra tot sy versameling van 6 volledige albums. Die album was ook om sy 30ste verjaarsdag-jaar te vier en ‘n nuwe blaadjie om te slaan. Die album was baie persoonlik vir Dirk. Hy wou nie net sy aanhangers aanmoedig en ‘n positiewe boodskap oor dra nie maar ook sy vyande laat weet het dat hulle hom nie sal onderkry nie — hy is hier om te bly.
Suksesvolle albums deur Dirk van der Westhuizen sluit ook in “Sexy Vi My”, “Stoom” “#OnsWiIEnOnsKan” asook ‘n rits Goue- en Platinum Toekennings. Dit bewys dat Dirk van der Westhuizen nie sommer die musiekbedryf sal verlaat nie.